
Om ‘n Christelike Vroue Vereniging te wees wat streef om dinamies saam in eenheid, versoening, geregtigheid en gehoorsaamheid te dien
Die CVV wil ook die geloof en die geestelikheid van vroue op bou sodat hulle ‘n getroue getuie vir Christus in die kerk, die gemeente en gemeenskap kan wees, Ons wil ook ons verset teen dit wat in stryd is met die Christelike geloof, binne en buite die kerk van Christus.
Die CVV werk in vennootskap met ander verenigings, binne en saam met die kerk in sy ekumeniese verwantskappe in die bou van ‘n gemeenskap van gelowiges waar die mure van geslag, ras, taal en kultuur gesloop word en gelykheid erken word.
Die Christelike Vrouevereniging streef ook daarna
- om die Christelike geloof en ‘n getroue leefstyl te bevorder;
- om saam vir mekaar as vroue en families te bid;
- om vroue aan te moedig en te bemagtig om vir die minder bevoorregtes te sorg;
- om vroue aan te moedig om getrou in formele bediening en gebedsvergaderings te wees;
- om vroue aan te moedig om hul kinders binne die Christelike geloof groot te maak, ouers en bejaardes te respekteer en om ‘n Christelike huwelik te begeer;
- om die kerk te help met die versorging van die skepping.

Die VGKSA Somerset-Wes jeug organisasie is deel van die VGKSA Somerset-Wes. Die jeug is n groep lede tussen die ouderdom van 13 tot 30 van verskillende wyke van Somerset-Wes Gemeente. Die wyke sluit Somerset-Wes in ook meer spesifiek vanaf die Strand, Lorenzo Park, Helderzicht, Sir Lowry's Pass, Firgrove, Macassar tot Garden Village. Ons is n groep energieke jongmense wat ander maats en die woord van God bymekaar wil bring. Om Christus as nommer een in die jeug te kan plaas is ons primêre doel, sodat hulle nie net God-vresende lede word nie, maar ook dat hulle as goeie mense in die gemeenskap en samelewing kan uitstyg. Ons span fokus ook op die fisiese gesondheid van ons maats sodat hulle alles van die skepping van God kan inneem. Ons kom gewoonlik Vrydae-aande bymekaar en nooi alle jongmense wat oor die liefde van onse Here Jesus Christus wil leer.

13 EN hulle het kindertjies na Hom gebring, dat Hy hulle kon aanraak; en die dissipels het die wat hulle gebring het, bestraf. 14 Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. 15 Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. 16 En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.
Die Sondagskool is 'n plek en tyd waar God se kinders leer hoe lief God hulle het deur goddelike samesyn. Dis waar ons kinders bybelstories leer op so 'n wyse dat dit onthoubaar en positief is sodat die stories nie net as sprokies gesien word nie, maar as lewenslesse tot in die grootmens-wereld oorgedra kan word - op hierdie wyse word die kinders dan nader getrek tot God en die kerk. Ons probeer kinders leer van die Liefde van God en dat daar 'n geloofsfamilie bestaan wat hulle ondersteun.
Die Here het die kindertjies gestuur en die aantal wat die Sondagskool bywoon is tans 55, waarvan omtrent 12 vanaf Brightlights Kinderhuis (ook geleë in Kerkstraat) is. Tans is ons ook 'n klein groepie opvoeders naamlik Juffrou Luzelle Delport, Juffrou Desmine Bergstedt en Juffrou Elmien Booysen. Ons is baie dankbaar teenoor alle ouers se samewerking asook hul liefde en omgee, en moedig alle kinders aan om te kom leer van die liefde van God, bybelstories en die Evangelie van Jesus Christus
