

LIGGING
Die gemeente is geleë by die pragtige see en Hottentots Holland berge. Die kerkgebou is by Kerkstraat 50, Somerset-Wes. Die gemeentegrense strek vanaf Helderberg, Helderzicht, Die Dorp, Vergelegen en Sir Lowry’s Pass. As u in een van hierdie woongebiede woon, woon u binne die grense van ons gemeente en is u baie, baie welkom. Ons kerk is egter oop vir enige iemand wat belangstel en sou u buite hierdie grense woon is u ook baie welkom.
KORT GESKIEDENIS VAN DIE GEMEENTE
AFSTIGTING
Op 27 Mei 1933 ontvang die Kerkraad van die Strand ’n skrywe van die Sekretaris van die Algemene Sendingkommissie in verband met die ordening van die hulpleraar asook ‘n versoek van ‘n deel van die gemeente om die afstigting van die wyke van Somerset-Wes as ‘ afsonderlike gemeente. Hierdie skrywes is verwys na die daaropvolgende Ringsvergadering. Aanvanklik was die kerkraad baie huiwerig vir stigting.
Eers twee jaar later op 9 November 1935 het die kerkraad ingestem tot hierdie stap op voorwaarde dat daar finansiele waarborg sal wees vir die Strand gemeente wat deur die afstigting van Somerset-Wes verswak sou word. Die Binnelandse Sendingkommissie en die N.G. Gemeente het hulle vir sodanige waarborg verbind . ’n Tweede saak waarvoor daar helderheid moes kom was die grenslyne van die Strand gemeente.
Na die regstelling van hierdie belangrike aangeleenthede besluit die kerkraad op 21 Maart 1936 tot die afstigting van Somerset-Wes. Die datum vir hierdie plegtigheid word bepaal vir 11 April 1936 om 15h00.
Intussen het daar ongelukkig weer probleme opgeduik in verband met die waarborge sodat laasgenoemde gebeurtenis nie plaasgevind het op genoemde datum nie. Op 3 September 1936 ontmoet die Ringskommissie die kerkraad oor hierdie saak en word die beoogde stigting gefinaliseer op 11 Desember 1936 meer as drie jaar nadat daar aansoek gedoen is vir afstigting.
KERKGEBOU TE SOMERSET-WES
In die kerkraadsnotule van 29 September 1922 word melding gemaak van die besigting van grond te Somerset-Wes vir ‘n kerkgebou. Uit die notule van 17 Mei 1924 word afgelei dat die beoogde kerkgebou reeds voltooi was. Spesiale dank is uitgespreek teenoor lidmate van die N.G. Gemeente wat bydraes vir die doel gegee het.
Tekens dat dit met die fondse van die gemeente beter gaan, is die feit dat die kerkraad op 12 September 1925 besluit het om die leraar se salaris te verhoop en om £100 in ‘n spaarbank te deponeer. ‘n Verdere bewys van groei was dat die kerkraad besluit het om ook aandag te gee aan die geestelike bearbeiding van die mense op die plase. ‘n Broeder kerkraadslid sou eenkeer per maand daarheen gaan om ‘n diens te hou.
WYKSINDELING
In die jaar 1937 is daar ernstige pogings aangewend om die gemeente baie meer stelselmatig te bearbeid. Vir die doel is besluit om die gemeente in wyke op te deel. ‘n Aantal kerkraadslede het ingewillig om die leraar te help met die hou van dienste in die onderskeie wyke. Daar was onder die volgende wyke : Die Dorp, Helderberg, Sir Lowry’s Pass, Lourensford, Vergelen , die plaas van Mnr Morkel— die Bos en die plaas van Mnr J.P.Bredell—Helderzicht..
AFSTIGTING VAN DIE NGSK MACASSAR
Die afstigting van die NGSK Macassar vind plaas op 12 November 1978 [by ’n geleentheid om 15:00]. Die gemeente stig af van NGSK Somerset-Wes. Die gemeentegrense is die dorpsgebied van Macassar en Faure. Die huidige wykskerkraad vorm die kerkraad van die nuwe gemeente Die afstigting is goedgekeur op die Ringsitting van Sarepta.
VORIGE LERAARS
Naamlys van leraars soos verstrek deur beskikbare bronne, in volgorde van bevestiging:
Eerw. J.J v/d Merwe, 1936 - 1937 (eerste leraar)
Eerw. J.S.Steyn, 1937-1944
Eerw. O.P. Malherbe, 1944-1948
Eerw. L.G. v/d Werken, 1949-1954
Eerw. J.E.B. Bosman, 1954-1957
Ds. C.J.J.Amon, 1959 - 1970
Ds. J.P.Appollis, 1970 - 1975
Ds. A.A Titus, 1975-1978
Ds. C.J.Loff, 1978-1980
Ds. L.A.Appies, 1980-1984
Ds. G.D.Swartz, 1985 - 2017
Ds Anne-Marie Cloete Damons, Nov 2019 - Jan 2024


Saamgestel deur GEORGE JOHNSON
Druk asb "X" om die advertensie deel toe te maak, dan druk die drie dotjies en kies "Full Screen", wanneer klaar gelees is druk "Esc" op die sleutelbord
Adres: Kerkstraat 50 Somerset-Wes |
Kontak Detail: email : vgksomersetwes1@gmail.com Kerk Kontaknr. 069 127 3068 Skriba Kontaknr. 063 130 8111 |
Diens ure: Ere Diens - 10:00 |
KATEGESE: Sondagskool 08:30 CJV: |
GEBEDSESSIE/S: Sondae - 09:00 |
Kopiereg © VGKSA Somerset-Wes. Alle regte voorbehou.